Afrikaans

NBS2GO in Afrikaans



Hoe om n Bybelstudiegroep te begin

Ons glo God wil jou gebruik net soos jy is en waar jy bly, werk of sosialiseer om ‘n ewigheidsimpak te maak. Hier is drie maklike stappe om te begin:

1. BID

… dit alles begin met gebed en verhoudings.

BID
● Bid vir n vriend wat jou sal help om die Bybelstudiegroep te begin.
● Bid gereeld saam. Vra God vir Sy plan en leiding.
● Bid terwyl jy deur jou plaaslike omgewing stap. Vra God vir Sy seën en beskerming.
● Bid vir mense by die naam. Vra God vir geleenthede om mense te ontmoet en vir hulle om te gee en te dien. Gebare van omgee en geopende harte bou en versterk verhoudings.
● Bid dat hulle geïnteresseerd sal wees om die Bybel te bestudeer.

VERHOUDINGS
● Kom in aanraking met ander wat naby jou bly, werk of sosialiseer. Wees vriendelik en bemoedigend.
● Neem inisiatief om gesprekke te begin– vra goeie vrae en luister aandagtig.
● Spandeer tyd saam, oor ‘n koppie tee, koffie of ʼn maaltyd.
● Wees op die uitkyk vir geleenthede om lief te hê, om te gee en te dien.

2. SKAKEL IN

… bevestig diegene wat geïnteresseerd is.

BEPLAN ‘n ONTMOETING
● Kies ‘n plek, tyd en datum.
● Maak ‘n lys van die mense wat jy graag wil nooi.
● Bid en nooi hulle uit om te kom.
● Beplan om verversings te bedien as jy wil.
● Stel ‘n lys van vrae op om gesprekke te begin, of beplan ‘n “kenmekaar” aktiwiteit vir die byeenkoms.

GIDS VIR DIE BYEENKOMS
● Bedien tee, koffie en/of verversings.
● Verwelkom almal, stel jouself voor en leer mekaar ken (maak van vrae of aktiwiteite gebruik) en sit genoeg tyd opsy om die geleentheid saam te geniet.
● Aan die einde van julle samekoms sê iets soos “ Ons het ‘n goeie tyd saam gehad. Ek wil graag ‘n veilige omgewing en ‘n omgee-gemeenskap bied waar ‘n groep van ons die Bybel saam kan bestudeer, ontdek wat dit sê en hoe ons persoonlik daarby kan baat. Stel my asseblief in kennis as jy daarin sou belangstel.”

3. LEI

… begin.

● Laai die Studiegids vir elke persoon af en druk dit uit.
● Kies een van die vier stelle Voorgestelde Skrifgedeeltes uit die Studiegids.
● Groepslede sal ‘n klein notaboek benodig om hul antwoorde op elke dag se vrae aan te
teken.

Bybelstudies in Afrikaans

VERTROUE (Afrikaans – Trust)

VERTROUE: Vertroue is aktief, nie passief nie; dit is nie net teoreties nie, maar ook prakties. Vertroue is oortuigde geloof in en gehoorsaamheid aan God se Woord ongeag die omstandighede en ten spyte van die gevolge. Hierdie Evangelie-deurdringde studie sal jou help om praktiese maniere te ontdek om God aan Sy Woord te hou en daarvolgens te lewe.

~Study Guide~: ~View~ | ~Download~
~Leader Guide~: ~View~ | ~Download~
Duur: 12 weke

GELOOF (Afrikaans – Faith)

GELOOF: God het die voëls geskep om te vlieg, en nie om te bly sit op die nes nie. Die Bybel is vol getuienisse wat ‘n alternatiewe lewe van rebellie en ongehoorsaamheid gekies het, asook die wat ‘n lewe van oorgawe in geloof gekies het. Bestudeer die lewe van verskeie Bybel karakters sowel as die onderrig van Jesus en Paulus. Leer om te sweef op vlerke van geloof.

~Study Guide~: ~View~ | ~Download~
~Leader Guide~: ~View~ | ~Download~
Duur: 8 weke

LIG (Afrikaans – Light)

LIG: Vir seeskilpaaie is lewe binne in die water. Hulle sal verseker doodgaan wanneer hulle deur kunsmatige lig vanaf hul natuurlike habitat weggelok word. Jesus het gesê “Ek is die Lig van die wêreld …die lig wat lewe gee” (Johannes 8:12). Delf in die vier studies wat handel oor die lewe, verhoudings, wonderwerke en boodskappe van Jesus.

~Study Guide~: ~View~ | ~Download~
~Leader Guide~: ~View~ | ~Download~
Duur: 8 weke

Advent (Afrikaans – Advent)

Advent is ’n vier-weke plan wat bedoel is om ons aandag te vestig op die nederige begin van die Redder van ons lewens. Hierdie studie sluit vier verhale in van Matteus en Lukas. Ons leer van God se heilige plan vir die geboorte van Jesus Christus en ondervind hoe dit was om teenwoordig te wees tydens hierdie gebeure. Die vraag-en- antwoordformaat kan vir familie eredienste, groepbesprekings en selfstudie gebruik word.

~Study Guide~: ~View~ | ~Download~
Duur: 4 weke